Beatrix kom huis toe teen R8m
Pragtige Dries Visser Zambiese swartwitpenskoei loop nou by Busanga
Toe Piet van der Walt destyds die besondere Zambiese swartwitpenskoei Beatrix (38”+) vir R200 000 by Dries Visser Pure-Bred Game koop, het hy dalk nie geweet hoé mooi dié koei sou word nie.
Só mooi dat dit Dries Visser onlangs ’n merkwaardige rekord R8m gekos het om Beatrix by Piet terug te kry. Om seker te maak Dries Visser bereik sy doelwit om top-gehalte egte Zambiese swartwitpensbulle met horinglengtes van oor die 50” te teel, loop Beatrix nou by Busanga.
Big Boy se nalatenskap
Hierdie jong Dries Visser-bulletjie is ’n seun van Big Boy, een van Suid-Afrika se top teelbulle van alle tye en meet reeds 45” op die ouderdom van drie jaar en agt maande.
Met ’n besondere koei soos Beatrix en ’n pragtige bulletjie van Busanga se gehalte, wat die fantastiese Big Boy-gene dra, gaan egte Zambiese swartwitpense geteel word met die tipiese soliede swart maskers wat eie is aan die reuse-swartwitpense van Angola … en Dries Visser Pure-Bred Game.
Hou gerus al Dries Visser Pure-Bred Game se Big Boy seuns dop. Ons verwag dat ten minste drie van hulle oor die 50” gaan meet voor hulle vyf jaar oud is. Met Beatrix nou ingelyf in die Busangagroep is horinglengtes van oor die 50” ’n realistiese moontlikheid.
As jy dus Dries Visser Pure-Bred Game genetika kan bekom, spring. Jy sal dit nie sommer kan klop nie.