Dries Visser-gene loop mooi
Kopers van Dries Visser-diere pluk vrugte van sy goeie bloedlyn
Die duidelike pikswart masker en besondere mooi lyf met ’n uitstaande rooi/bruin kleur wat kenmerkend is van Dries Visser se Zambiese swartwitpense kan duidelik gesien word in telers se diere wat uit hierdie uitstekende genepoel kom.
Kyk net byvoorbeeld na hierdie besondere swartwitpenskoei (onder). Piet van der Walt is waarlik in sy noppies met hierdie pragtige Dries Visser-dier. Sy is waarlik een van die heel mooiste Zambiese swartwitpenskoeie in die land.
Daar is goeie redes vir Dries Visserdiere se uitnemende horinglengte, goed gevormde en swaar lywe en, spesifiek, hulle besondere pikswart maskers. Eerstens is dit belangrik om te weet dat Dries Visser se diere nooit gekruisteel is sedert hulle plaaslik gevestig is nie. Dit is hoekom hulle sulke pragtige swart maskers het wat aan die reuse swartwitpens van Angola herinner.
Die rede vir die goeie horinglengtes van Dries Visser lê in die feit dat daar uiters selektief te werk gegaan is met die uitsoek van besondere teeldiere. Dít is vermag sonder om die pikswart masker wat eie aan die Zambiese swartwitpens is prys te gee. Inteendeel, dit is juis die kombinasie van lang horings en swart maskers wat Dries Vissergene van ander swartwitpenstelers onderskei.
Daar is darem min diere so mooi soos ’n egte Zambiese swartwitpens. ’n Dries Visser-swartwitpens.
Vandag teel Dries Visser vroulike diere wat min onder die 30” meet. Dit is mos juis goeie vroulike genetika wat so belangrik is in die teel van werklik uitstaande diere. Deesdae is Dries Visser se genetika baie gewild, veral sy vroulike diere. Baie telers besit reeds van hierdie diere, maar getalle bly steeds beperk. (So as jy die kans kry om die Dries Visser-bloedlyn te bekom, gryp dit aan!)
Telers spog graag met hulle diere wat uit Dries Visser-gene geteel is. Mense sê jy kan altyd sien dit is ’n Dries Visser-swartwitpens, want die besondere kleur van sy vroulike diere en die pikswart maskers by albei geslagte verraai hulle.
Die bekende bul Sam is ’n Dries Visser-bul. Mnr Piet Warren het Sam in 2003, saam met drie gehalte verse, by Dries Visser gekoop en hom met groot sukses in sy telery aangewend. In 2008 is Sam aan mnr Hannes Marais vir ’n destydse rekordprys van R1.4m tydens die Gravelotte veiling verkoop. Die Dries Visserswartwitpensbulle het vandag die potensiaal om 48” – 50”+ horinglengtes te teel.
Hendri van Staden van Groblersdal het ook Dries Visser-bulle gekoop. Kaunda se seun is by hulle en dié telery is baie ingenome met sy prestasie. Penwood, een van sy eerste kalwers meet reeds 47”+ op vierjarige ouderdom. Dries Visser het al ’n groot aantal uitstekende kwaliteit vroulike diere geteel. Een van hierdie voorbeelde is Piet van der Walt se Beatrix (38”+). Dan is daar ook Exotic Game Breeders se Jezebel wat nou reeds met 37” horings spog. Sy is as jong vers by Dries Visser aangeskaf.
As jy dus belangstel in die beste Zambiese swartwitpens-genetika, praat met Dries Visser. Jy sal nie spyt wees nie. Vra gerus rond in die wildteelmark. Die Dries Visser-gene loop mooi.
Duisend dankies
Dankie aan al ons kopers vir julle vertroue in die Dries Visser-bloedlyn tydens die onlangse Trophy Breeders® veiling in Thabazimbi. Ons is trots daarop om ons gesogte genetika met julle te kan deel.
Baie geluk aan die volgende telers wat die Dries Visser-bloedlyn aangeskaf het
Njala-familiegroep (6): R180 000 | Shelfcat 27
Swart rooibokram: R480 000 | Neil Rex – Undara Investments
Swart rooibokooie (2): R760 000 | Phillip Mostert en Freddie Oosterhuis – Gamevest
Koningswildebees splitbulletjie: R200 000 | Exotic Game Breeders
Koningswildebees splitbulletjie: R200 000 | Huntley Ferreira Safaris
Goue wildebeesbul: R600 000 | GV Supreme Engeneering
Goue wildebeesbul: R625 000 | Gifbospan Goue wildebeeskoeie (2): R1 240 000 | Primeco Meat
Zambiese Swartwitpensbul: R850 000 | JJ van Altena – Global Supplies
Zambiese Swartwitpenskoei: R1 500 000 | Norman Adami – Nyumbu Game
Zambiese Swartwitpenskoei: R1 500 000 | Kwanare Trading
Zambiese Swartwitpensvers: R2 100 000 | Norman Adami – Nyumbu Game
Zambiese Swartwitpensvers: R2 200 000 | Hendri van Staden – Rooiboskloof
Zambiese Swartwitpensbul (Pinto): R2 500 000 | Henri Enslin – Visarendsvlei
Zambiese Swartwitpensbul (Luando): R4 000 000 | Richard Morton en Norman Adami
Stel belang om ses drie in een swartwitpens verse te koop en op n laters stadium n bul van format.