Dries Visser Vyfster Veiling 2018
Jag die rede vir teel
Kwaliteitverbetering van wild goed vir jagbedyf
Een van die hoofredes waarom ek sowat 30 jaar gelede op jag begin konsentreer het, is die feit dat ek nie meer my gesin kon onderhou met slegs beesboerdery nie. Eers het ons slegs op die plaaslike jagmark gekonsentreer. Dit het goeie vrugte afgewerp.
Later het ons uitgebrei en ’n volwaardige jagonderneming tot stand gebring. Ons het oorsee, veral in Amerika, begin bemark en het noemenswaardige sukses bereik met die aanbied van ’n kwaliteit-jagervaring vir die uitgelese buitelandse trofeejagter.
Die afgelope 22 jaar spesialiseer ons in boogjag met uitstekende resultate.
Soos ons jagonderneming gegroei het, het ons al meer besef dat die top- trofeë uitgejag word. Kwaliteit van wild vir jagdoeleindes het merkwaardig afgeneem oor die jare aangesien die beste diere in die verlede gejag is. Die antwoord was om kwaliteit weer terug te teel.
Teel vir jag
’n Wildtelery op sy eie, net om meer en meer diere te teel, maak nie ekonomies sin nie. Die eindproduk van wildteel moet altyd in die visier gehou word. Dit is jag. Daarom moet ons kwaliteit van al die verskillende spesies hoog hou. Dit gaan saam met die verskeidenheid spesies wat ons aan jagters kan bied. Só sal ons die nommer-een-jagbestemming in die wêreld bly.
Trofeejagters is trofeeversamelaars wat betaal vir unieke voorkoms.
In ons uitgebreide ervaring weet ons trofeejagters wil graag soveel moontlik verskillende spesies jag om by hul trofeeversamelings te voeg.
Ek is van mening dat die verskillende kleurvariante van nou af ook op groot aanvraag by trofeejagters gaan wees. Daar is slegs ’n handjievol jagters wat reeds hierdie trofeë in hulle versamelings het. Ek glo vas duisende ander sal ook graag hierdie spesies by hul versamelings wil voeg. Dit het nou as gevolg van hoë getalle moontlik geword. Jagters is bereid om vir ander subspesies met ’n wesenlike verskil van uiterlike voorkoms ’n ekstra premie te betaal.
Ek kan die egte Zambiese swartmasker-swartwitpens as een voorbeeld gebruik. Ons bemark die unieke swartmaskers van ons swartwitpense al ’n geruime tyd aan jagters. Dit het goeie vrugte afgewerp, aangesien ons ervaar dat trofeejagters ’n noemenswaardige premie betaal om hierdie besonderse dier met sy unieke uiterlike voorkoms te kan jag.
Hierdie jagters betaal egter nie sommer vir niks nie. Die unieke uiterlike voorkoms moet ’n duidelike verskil maak aan die kwaliteit van trofeë. Dit ís die geval by die swartmasker-swartwitpens, wat merkwaardig verskil van die witgesig swartwitpens. (Sien die foto’s.)
Wanneer dit by buffels kom, ervaar ons dat groot, dik en swaar horings baie punte tel by trofeejagters. Die spanwydte van horings is uit die aard van die saak belangrik, maar ’n hoë SCI-telling is ook besonder gewild, veral by oorsese jagters.
Ons buffeltelery produseer al lank buffels vir die jagmark met groot, swaar horings. In ons ervaring is ’n 45″ Roland Ward-buffelhoring met ’n SCI-telling van 130″ soveel meer indrukwekkend vir ’n oorsese trofeejagter as ’n 48″ Roland Ward met ’n SCI-telling van slegs 115″.
As jy dus met sulke indrukwekkende SCI-buffels vir die jagmark teel, gaan jy goeie sukses bereik deur ’n kwaliteitbuffel aan te bied waarvoor trofeejagters ’n premie sal betaal.
Die stand van sake
In my opinie is die nuwe teelwêreld van realistiese wildpryse ’n goeie markregstelling. Dit bewys weer dat die vrye mark die beste manier is om ekonomieë te bestuur. Ons is uiters positief oor die langtermyn- volhoubaarheid van ’n markverwante wildbedryf wat deur die eindproduk van jag onderskraag word.
Die redes hoekom ek dit sê sluit die volgende in: Die bedryf word nie meer gesien as ’n vinnige rykwordskema nie (die teenoorgestelde is eerder waar); opregte wildboerderye bly steeds beter as ander boerderyvertakkings vir boere wat die regte plase het; wanneer daar met kwaliteitdiere geteel word op die korrekte manier word beter jagdiere aan die bedryf verskaf wat ’n positiewe waardeketting ondersteun; en laastens bly wildveilings wat goed bestuur word ’n baie gesonde markmeganisme wat die koop en verkoop van kwaliteitteeldiere vergemaklik.
Ek hoop om julle by ons Dries Visser Vyfster Veiling om 11:00, 24 Februarie 2018 by Wildswinkel, Bela-Bela raak te loop. Ons kan nie wag nie.
Hierdie artikel verskyn in die Januarie 2018 uitgawe van Wild en Jag
Hi Daar.
Wanneer sal die katalogus beskikbaar wees? Kan julle dalk een vir my epos. Stel baie belang in julle genetika.
Groete
Harold van der Schyf
Buffalo Billson Wildlife
0768935685
Goeie môre Harold
Hou asb jou e-pos en die Wildswinkel selfoon app dop vir die digitale katalogus. Ons sal ook die katalogus op ons webtuiste beskikbaar stel.
Dit sal nog paar weke neem om te finaliseer. Wanneer dit reg is sal ons die mark deur middel van e-pos laat weet.
Baie dankie vir jou belangstelling.
Vrindelike groete
Dries
Greetings
Do you have a speakers slot opportunity at your auctions? The CEO of our company would like an opportunity to share and also to have more insight in this specific field. We are an Irish company with a base in the Eastern Cape.
Many thanks.
Kind regards
Charlene