Venue: Wildswinkel, Bela-Bela
Date: 24 February 2017
Time: 11:00
1 week ago
πΏπ§πππ¨ π¨π π¨πͺππ¬ππ§ ππͺπ‘π‘π π’πππ πππ¨π πππππ£ππ¨
50β Waarborg
Ja, jy het reg gelees. Ons waarborg dat die agt jong, suiwer Zambiese swart masker swartwitpense op Dries Visser se Nuwe Generasie Vyfster-veiling van 26 Februarie 2021 almal ten minste 50β sal meet voor sewe jaar oud. (Voorwaardes geld.)
Ses van hierdie bulle meet alreeds 50β, wat beteken die waarborg sal ordentlik oorskry word.
Die bulle is almal deel van die uitmuntende Dries Visser Derde Generasie. Hulle is afkomstig uit sy sorgvuldig uitgesoekte groep wat oor dekades fyn geteel is om nou uitsonderlike teel waarde te bied. Hierdie jong bulle kom almal uit 50β families en vertoon al die regte eienskappe wat sy nuwe generasie kenmerk.
Hulle spog nie net met pragtige lang horings nie, maar hulle horings is ook besonders dik en swaar, met basisse van buitengewone omtrek.
Jy kan tussen hierdie merkwaardige bulle kies en keur, want elkeen verteenwoordig fantastiese genetika wat jy nie elders kan kry nie: Big Boy Jnr, Choma, Namwala, Monze, Pemba, Lukulu, Lufupa en Mtemwa verteenwoordig eenvoudig net die heel beste swartwitpense in die land.
BelΓͺ in een van hierdie premium kwaliteit teel bulle en ervaar die verskil wat die Dries Visser Nuwe Generasie aan jou eie kudde sal maak. Voorwaar βn vyfster-belegging!
Dries Visser se Nuwe Generasie Vyfster Veiling 2021 is vir die teler wat op soek is na wild wat die beste teel. Oor dekades heen het ons sorgvuldig en noukeurig net die heel beste teeldiere uitgesoek. Die resultaat is ons nuwe generasie swartwitpense, buffels, bastergemsbokke, koedoes, wildebeeste en meer. #nuwegenerasiewild #purebredgame ... See MoreSee Less