Jy sal wat wou gee vir só ’n bulletjie
Die beste voorbeeld van egte Wes-Zambiese swartwitpensgenetika
Busanga, nog ’n pragtige jong Dries Visser-swartwitpensbulletjie, is voorwaar ’n treffende voorbeeld van ons uitstekende genetika.
As ’n seun van Big Boy is Busanga se Dries Visser-genetika sommer baie duidelik sigbaar.
Hierdie jong Wes-Zambiese bulletjie (DNS getoets), se pragtige horings meet alreeds 45” … en hy is maar net drie jaar en agt maande oud!
Kyk ook na sy wondermooi swart masker wat so tipies is van Dries Visser-diere.